a. Bekendstellingsbrief:
Ek bevestig dat `n bekendstellingsbrief met die finansiëlediensteverskaffer (FDV) se besonderhede aan my beskikbaar gestel is.
b. Vereiste dokumente:
Ek bevestig dat ek al die vereiste dokumente voor ondertekening ten volle en eerlik voltooi het. Ek verstaan dat die akkuraatheid en doeltreffendheid van die Behoefteontleding afhang van die inligting wat ek aan die FDV verstrek.
c. Navraag oor produkte:
Ek bevestig dat die FDV navraag gedoen het om vas te stel of aanbevole of vervangde produkte wat ek het ter sake is.
d. Fooie en kostes:
Ek bevestig dat ek ingelig is oor alle fooie, koste en gevolge van alle produkte en vervangings.
e. Advies en aanbeveling:
Die advies en daaropvolgende produkaanbeveling in hierdie rekord is grootliks gebaseer op inligting wat verband hou met my persoonlike/besigheidsomstandighede wat ek aan my adviseur verstrek het. Ek verstaan dat enige wesenlike nie-openbaarmaking en/of wanvoorstelling tot gevolg kan hê dat onvanpaste produkte vir my aanbeveel word en daartoe kan lei dat eise nie uitbetaal word nie.
f. Verpligting om veranderinge te rapporteer:
Ek verstaan dat dit my verpligting is om my adviseur in kennis te stel van enige wesenlike veranderinge in my persoonlike/kommersiële omstandighede sodra dit voorkom. Dit is om seker te maak dat my dekking altyd van pas is vir my behoeftes en oogmerke. Indien ek nie seker is of `n verandering wesenlik is al dan nie, moet ek my adviseur in kennis stel en hom toelaat om verder ondersoek in te stel.
g. Kliëntediensfooi:
EK IS BEWUS VAN die kliëntediensfooi wat Nasionale Boere Makelaars Groep Group ingevolge artikel 8 (5) van die Korttermynversekeringswet hef en kom ooreen dat sodanige fooi aan my verduidelik is en dat die presiese geldelike bedrag asook die presiese kliëntedienste waaruit die genoemde fooi saamgestel is, in my versekeringspolis openbaar gemaak sal word. Al u regte ingevolge hierdie fooi bly voorbehou en is ooreenkomstig die wetgewing.
h. Verwerking van persoonlike inligting:
EK VERSTAAN DAT sekere persoonlike inligting nodig mag wees om behoorlike finansiële advies aan my te gee en dat my toestemming nodig is vir die insameling of andersins die verwerking van sodanige inligting. Indien daar enige persoonlike inligting is waarmee ek nie redelik op my gemak voel dat my makelaar/ Nasionale Boere Makelaars Groep insamel en/of andersins verwerk nie, sal ek hom/haar skriftelik in kennis stel. Ek gee toestemming dat sodanige persoonlike inligting deur enige nodige derde party, soos die versekeraar, gebruik word. Ek is bewus daarvan dat sodanige persoonlike inligting hanteer sal word ooreenkomstig die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (‘POPI’) en Nasionale Boere Makelaars Groep se POPI-beleid.
i. Veranderinge aan dekking:
Indien ek sou verkies om by my dekking te voeg/te skrap of enige ander verandering daaraan aan te bring, moet ek dit per faks, telefoon of e-pos met my adviseur bevestig.
j. Vertroudheid met bepalings:
Nieteenstaande die inligting wat die adviseur verstrek het, erken ek dat ek `n verpligting het om myself vertroud te maak met die bepalings en voorwaardes van die produk(te) en die dekking wat ek gekoop het en om seker te maak dat ek enige voorwaardes en/of uitsluitings verstaan.