Word deel van die Van Wyk Makelaars-span! Is jy woonagtig in en om Rustenburg? Is jy gekwalifiseerd en ervare om korttermynversekering-administrasie te doen? Hierdie pos is beskikbaar vir gedrewe individue wat deel wil vorm van ‘n dinamiese span en bestuur wat die belange van hul werknemers op die hart dra.
Posbeskrywing
Pos op afstand – werk van die huis af.
Eise-administrasie en korrespondensie met kliënte, eisehandelaars en assessors.
Wysigings op domestiese en kommersiële korttermynpolisse.
Administrasie rakende hernuwings en die uitreik van nuwe polisse.
Toerusting en programmatuur sal voorsien word.
Vereistes
RE5-kwalifikasie.
Minimum 2 jaar ervaring in korttermynversekering-administrasie.
NQF4-kwalifikasie.
Korttermyn Class of Business voltooi – Persoonlike en Kommersiële Lyne.
Betroubare internettoegang by die huis.
Eie, voldoende en toegewyde werkspasie.
Eie vervoer.
Nugter gewoontes.
Goeie kliënteverhoudingsbestuur.
Gedrewe en betrokke in die plaaslike gemeenskap.
Wat nie aanvanklik verwag word nie
Kwotasies
Konsultasies
Bemarking
Ander produklyne